Word die gesig van 'n kanaal.
Ken jy 'n wêreld van binne: landbou, geldsake, sport, gesondheid, of iets wat ons nog nie eens oorweeg het nie? D!NK bou die kanaal om jou.

Wat jy bring
- Geloofwaardigheid in jou veld
- 'n Netwerk van kenners en gaste
- Nuuskierigheid en menslikheid
- Die gesig en die stem van die kanaal
Wat ons bring
- Produksie van uitsaaigehalte
- Verspreiding oor al die platforms
- Borge en 'n kommersiële span
- Die merk, die formaat en die speelboek
Aanbieders deel in die kanaal se sukses: 'n vaste vergoeding plus 'n prestasie-aandeel soos die kanaal groei. Jy fokus op die gesprek; ons dra die res.
Word 'n aanbieder
Wil jy 'n aanbieder word? Vertel ons in watter rigting jy 'n kenner is, en watter aanbiedersvaardighede jy het. Ons lees elke aansoek self.
